Staatskaping

Staatskaping is 'n soort sistemiese politieke korrupsie waarin private belange tot hul eie voordeel 'n staat se besluitnemingsprosesse aansienlik beïnvloed.

Die term 'staatskaping' is die eerste keer gebruik deur die Wêreldbank (c 2000) om die situasie in Sentraal-Asië te beskryf wat die oorgang van Sowjetkommunisme gemaak het. Dit is spesifiek toegepas op situasies waar klein korrupte groepe hul invloed op regeringsamptenare gebruik het om toepaslike regeringsbesluite te neem ten einde hul eie ekonomiese posisies te versterk; hierdie groepe sou later bekend staan as oligarge.[1]

Bewerings van staatskaping het tot protes teen die regering in Bulgarye gelei in 2013-2014 en Roemenië in 2017,[2] en het sedert 2016 'n deurlopende kontroversie in Suid-Afrika veroorsaak.

  1. Crabtree, John; Durand, Francisco (2017). Peru: Elite Power and Political Capture. London, United Kingdom: Zed Books Ltd. p. 1. ISBN 978-1-78360-904-8.
  2. "Romanian Democracy at Grave Danger" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search